Nuut Design geht online.
Toeganklik vanaf die eetkamer asook die buite stoep is die Vienna Lounge, waar, vanweë die volle drank lisensieëring van Greyt-on-Main, 'n groot verskeidenheid drankies aangebied en geniet kan word. Daar is selfs Helderbrau Lager beskikbaar wat volgens die strengste Duitse Wette vir absolute suiwerheid vervaardig is.
Die sitkamer is heel luuks en het die vorige eeu se sjarme en die dekor herinner van die Oostenrykse Hoofstad Vienna. Terwyl u maaltyd voorberei word en u wag om na u tafel gewys te word kan u ontspan in die leer gemakstoele wat gegroepeer is rondom granietblad ronde tafels. U kan hier u drankies geniet en lekker gesels terwyl die maal voorberei word, dis nie nodig om by u tafel te sit en wag wyl u maal voorberei word nie.
Terwyl u voor ete of na ete drankies en of koffie geniet kan u na die musiek van die Weense Filharmoniese Orkes luister terwyl wals en ander sagte agtergrond musiek u bekoor. Hierdie is 'n vertrek waar rook toegelaat word en die sigaar kenners kan een van die menige Havanna Puros geniet.
'n Groot verskeidenheid Suid Afrikaanse wyne word in die sitkamer bedien. Wyne van verskillende gedefinieërde produksie areas word aangebied en die klem is op bekostigbare pryse in 'n mark van immer verhoogende wynpryse. Dit is die eienaar se beginsel om wyn regstreeks vanaf die vervaardigers te bekom en dus die middelman uit te skakel. Deur self die wyne te toets en te koop help dit bou op wedersydse respek tussen hom en sy leweransiers. Populêre kultivars word aangebied in drie of meer gevalle en in die minder populêre reeks word een of twee verskillende kategorieë aangebied. Die reeks wat gebied word is van die droë tot effe-soet tot soet wyne. 'n Groot verskeidenheid vermengsels is beskikbaar soos Sjampanje (47% Cardonnay, 44% Pinot Noir en 9% Pinot Meunier) of skoon Blanc de Blanc (100% Chardonnay). 'n Rosé vonkelwyn is ook beskikbaar. Alle wyne beskrywings is volgens die alcohol as persentasie van die volume (vol-%), die totale suur (g/l) en die suiker gehalte (g/l) en reflekteer nie noodwendig die wynmaker se bloeiende aanprysings nie. Alle wyne behalwe .375 l en spesiale grand cru's word per bottel of per glas bedien wat verseker dat die regte wyn by die verskeie kossoorte geniet word.