Nuus:

Maart 2006

Nuut Design geht online.

Vier-Ster-Kombuis

Die kalklig val op een van die beste restaurante in die Overberg wat onlangs 4 uit 5 sterre gradeering ontvang het van die Tourisme Gradeerings Raad van Suid Afrika (TGCSA) Die restaurant is geleë in die H.E.Babst gebou te 31 Hoofweg (Main Street) vanwaar die naam Greyt-on-Main.
'n Ietwat karakterlose gebou na nou die elegante en statige gebou en resturant omskep met meer formele dekor met die klem op pastel blou kleure. Geen koste is ontsien in die aanskaf van gehalte eetgery en ameublement. Die kombuis is uitgerus met alle denkbare vlekvrye staal toerusting en al die moderne toebehore wat in so 'n kombuis dit prakties maak om soveel as 40 gaste met gemak te onthaal en van voedsel te bedien. Daar is ook fasiliteite om groter funksies aan te bied. Moderne en gemaklike ameublement is gelykwaardig aan antieke kaste en toebehore en die skilderye en afdrukke weerspieël die ware band tussen Suid Afrika en Europa van toentertyd asook destydse eet gewoontes. Dakwaaiers hou die vertrek koel in die somermaande en daar is 'n kaggelvuur en verhittings panele aan die mure vir die kouer wintermaande.
sideboard at the restaurant
Die spyskaart bied enigiets vanaf sop, slaaie, pasta en geregte vir vegetariers terwyl hoofdisse bestaan uit onder andere vis geregte, vleis geregte wat bestel kan word vanaf die á la carte spyskaart Innoveerende nageregte asook 'n groot verskeidenheid kaas voltooi die maal. As 'n beginselsaak word al ons geregte vars voorberei te wyte daaraan dat ons baie moeite doen om vars produkte te bekom vanaf heinde en ver en sodoende voedsame en smaaklike geregte kan aanbied.

© Greyt-on-Main Restaurant & Guest House, all rights reserved
valid XHTML/CSS, best viewed with any browser