R300.- per persoon per nag, ontbyt ingeslote
Nuut Design geht online.
Die opset is nie net die besondere Duits-Kontinentale cuisine nie maar daar is ook die pragtige ruim kamers wat 'n aantrekking is vir ons besoekers. Elke kamer is individueel toeganklik en afgeskerm van enige steurings vanaf die Hoofstraat.
Die gemiddelde kamer grootte is 24 vierkant meter en gevolglik grooter as die gemiddelde kamers wat elders aangebied word. Die ateljee tipe kamers (3, 4) het benewens die beddens vir gaste 'n bykomstige afslaan bank wat omgeskep kan word as slaapplek vir kinders en gedurende ander tye as sitbank dien. Die fasiliteit is van 'n uniforme hoë gehalte wat tot gevolg het dat dit 'n vier-ster klassifikasie ontvang het van die Tourisme Gradeering Raad en die gradeering word deurlopend ondersoek en gehandhaaf op 'n jaarlikse basis.
Om net 'n paar van die pertinente items te meld.Daar is 'n lugversorging eenheid in elke kamer wat somer temperature sal beheer en onder-vloer verwarming om die vertrek snoesig te hou in die kou wintermaande. Daar is kamer-kroë in elke kamer met alkoholiese asook nie-alkoholiese drankies vir die genot en gerief van ons gaste. Dit word aangevul met tee en koffie fasiliteite in elke kamer. Die meeste normale Suid Afrikaanse TV programme is beskikbaar in die kamers. Dit moet gelet word dat daar nie TV fasiliteite in die sitkamer beskikbaar is nie. Laastens maar nie minstens, is daar dons gevulde kussings en duvets soos die norm is in Duitse en Europese gastehuise vir die gemaklike twee-beddens per kamer wat u nooi om te ontspan en 'n rustige nagrus te geniet. Die en-suite badkamers is eweneens heerlik ruim met paneelsluitende storte, verwarmde handdoek rakke vir u gemak en om die vertrek warm te hou wanneer nodig.
Aghangende van u persoonlike voorkeur, word ontbyt verskaf wat wissel van Kontinentale, Engelse en/of Duitse - laasgenoemde wat grootliks bestaan uit koue vleise, kaas en 'n gekookde eier in plek van gebakde eier en spek.
Wyl ons gaste tuis is by die gastehuis sou hulle miskien oorweeg om deel te hê aan tydverdrywe soos croquet of 'n boulle kompetisie. Kom geniet 'n nag of twee by die Greyt-on-Main gastehuis waar u Rojale behandeling sal meemaak met al hierdie fasiliteite beskikbaar.
Greyt-on-Main geniet tans 'n 4 uit 5 ster gradeering van die TGCSA en die hoogste gradeering van die Outomobiel Assosiasie (Superieur Graad)