Aankoms:

Weg na Greyton

Nuus:

Maart 2006

Nuut Design geht online.

Greyton Vandag

'n Negentig minute (130 km) rit in 'n Oostelike rigting vanaf Kaapstad sal besoekers die pragtige natuurskoon en sig van die omringende majesteuse berge kan geniet nadat hulle deur die graanlande van die Overberg gery het om bekoor te word deur die lifelike atmosfeer van die dorpie. Die beloning is om die vriendelike en ontspanne atmosfeer van die dorp mee te maak.
Omring deur pragtige tuine is Greyton se kothuise en oorspronklike geboue met deernis gerestoreer om die karakter van die verlede te herskep. Enorme groot eikebome wat honderde jare oud is versier die klein strate en lane. Almal te Greyton is altyd besig met iets, hetsy skrywe, skilder, tuinmaak, skepping van kunswerke, onderrig, smous of as konsultant optree, daar is oneindig baie aktiwiteite in die dorp wat deur die inwoners verrig word.
Besoekers sal hulle kan verlustig in die pragtige natuurskoon in die staproetes en wandelgange in die dorp se eie natuurreservaat wat in 1970 deur die voormalige direkteur van die Kirstenbosch Botaniese Tuine te Kaapstad, uitgelê is. Aromatiese fynbos, borrelende waterstrome en diep klowe en watervalle in die berge bied ongekende skoonheid en die Sonderend rivier Vallei bied sy eie unieke ondervindings vir perde ruiters, fietsryers en persone wat in die rivier wil swem. In die winter is die berge wat Greyton omring, dikwels bedek met 'n laagie kapok wat uitstappe na die berge soveel aangenamer maak.

market place in Greyton
© Greyt-on-Main Restaurant & Guest House, all rights reserved
valid XHTML/CSS, best viewed with any browser