Aankoms:

Weg na Greyton

Nuus:

Maart 2006

Nuut Design geht online.

Greyton Omgewing

Net 'n kort afstand vanaf Greyton is die dorpie Genadendal waar die eerste sendingstasie in Suid Afrika gestig is deur die Morawiese Kerk in 1737. Besoek die kerk, die huise van die sendelinge en die tuine asook die watermeul en die museum Caledon is 20 minute se ry vanaf Greyton. Die dorp is bekend vir sy natuurlike warmwaterbronne, botaniese tuine en die casino.
'n Halfuur se rit vanaf Greyton lê Hermanus die skouspelagtige kusdorp aan die Walker Baai se kus wat bekend is as die plek wat die beste uitsigte bied vir die besigtiging van die walvisse ter wêreld in die maande Julie tot November. Vanaf Hermanus is dit nie ver na die suidpunt van Afrika nie. Onderweg na Kaap Aghulas kan mens by Kleinbaai aandoen van waar 'n bootreis onderneem mag word vir nadere besigtiging van die groot wit haaie.
Besoek aan een en ander wynplaas maak die dag se uitstappie die moeite werd. Die Overberg is tuiste vir 'n hele aantal uitstaande wynkelders te Franschhoek en Stellenbosch wat die kapitaal van die wynlande is en is binne maklike bereik vanaf die dorp.
Met Greyton as middelpunt is daar sovele besienswaardighede in die Suidwestelike Kaap wat besigtig kan word om dan weer die aand terug te keer.
Daar is 'n verdere aantal wynkelders in die Breederivier Vallei en Swellendam wat naas Kaapstad en Stellenbosch die derde oudste stad in die land is. Hier is die Kaaps-Hollandse boustyl baie opmerklik in baie van die huise en geboue.
Lesbes, is Greyton nie ver van die moederstad Kaapstad waar die pragtige omgewing met al sy besienswaardighede waargeneem kan word om dan vir die nag terug te keer na Greyton.
'n Uitstappie na Kaap de Goede Hoop is natuurlik noodsaaklik om die pikkewyne te Bouldersstrand te kan waarneem. Die rit na die Kaapse Skiereiland neem jou langs die roete van die asemrowende Valsbaai kus.
Mits jy die Tuinroete van die Suidwes Kaap wil besoek is daar veel om te ontdek in die omgewing van Knysna wat 400 km vanaf Greyton geleë is. Aangesien Greyt-on-Main 'n lid is van die vernaamste Tourisme Organisasie in die omgewing sowel as in Kaapstad sal ons reisagentskap u met graagte bedien met raad en besprekings namens u maak.

© Greyt-on-Main Restaurant & Guest House, all rights reserved
valid XHTML/CSS, best viewed with any browser