Nuut Design geht online.
Die Greyton area was menige jare gelede beset deur die Khoi families, bekend as die Hessequas wat handel gedryf het met die Hollands Oos Indiese Kompanje deur vee te verskaf vir die skepe wat die by die Kaap aangedoen het op pad na die verre ooste. In 1738 was die eerste Morawiese sendingstasie te Genadendal, Wes van die vallei gestig.
In 1791 was die area geleen aan 'n Hollandse boer by name Marthinus Theunissen wat dit Weltevrede genoem het. Hy het 'n huis gebou waarin hy vir 'n kort tydjie gewoon het voor die plaas aan Hendrik Cloete, die voormalige eienaar van die Groot Constantia Landgoed te Kaapstad, verkoop is. Cloete was 'n uiters suksesvolle perde teeler wat ook Weltevrede gebruik het vir die kweek van vrugte, druiwe vir wyn en groente en met beeste geboer het.
In 1846 was die plaas deur Herbert Vigne aangekoop. Die goed ingeligde en wel opgevoede jong man vanaf Londen was aangetroude familie van Lady Anne Barnard en Sir George Grey. Dit was die eerste nedersetting in Suid Afrika waar mense van alle rasse, kleure, godsdiens en politieke affiliasies asook verskeie taalgroepe in harmonie kon saamleef in een gemeenskap. Daar is steeds nasate van die oorspronklike settelaars wat in die dorp woon.
Die dorp het munisipale status verwerf in 1990 en 90 jaar later die status verbeur met die inlywing by die groter Theewaterskloof Munisipaliteit. In die volgende jaar sal Greyton sy 150ste bestaansjaar vier.
