Aankoms:

Weg na Greyton

Nuus:

Maart 2006

Nuut Design geht online.

Gebou se Geskiedenis

Die Greyt-on-Main gebou is van besondere argitektoniese belang aangesien dit enig van sy sort is in die dorp - die aansig van die gebou is heel uniek.
Die restaurant en gastehuis was voorheen die tuiste en winkel van Karl Friedrich Bapst wie se familie ge-emigreer het vanaf Felchow (Pruise) na Suid Afrika in 1860 en eers in 1900 hulle te Greyton gevestig het. Mnr Bapst se vader het Herbert Vigne se plaashuis asook grond op die Hoofweg gekoop en daar 'n familiehuis gebou. Die Bapst familie het vir 70 jaar in die dieselfde huis in die dorp gewoon.
By twee geleenthede in die afgelope 20 jaar is die voorkamers van wat nou die Greyt-on-Main restaurant is, gebruik as 'n koffiekroeg en bakkery. Beide besighede was suksesvol behartig en vandaar die aangename atmosfeer in die gebou.

© Greyt-on-Main Restaurant & Guest House, all rights reserved
valid XHTML/CSS, best viewed with any browser